DIE afgelope week het ek 'n brief van 'n swaargewig-regsfirma in Johannesburg ontvang. Hul kliënt, 'n groot kanon in die bemagtigingsekonomie, maar ook 'n ekonomiese mededinger in eie reg, is erg omgekrap omdat ek in die media gesê het pres. Cyril Ramaphosa het in die voorafgaande weke met hom en ander rolspelers vergader.
My bewering was dat dié gesprekke daartoe gelei het dat die president sy minister van minerale en energie oortuig het om wysigings te maak aan die beleid vir privaat kragopwekking. Die kliënt is een van die entrepreneurs wat op massiewe skaal in groenenergie belê en staan ook aan die hoof van 'n beduidende deel van die mynbedryf. Dat hy en ander rolspelers geraadpleeg sou word, klink na die mees logiese en natuurlike waarskynlikheid denkbaar.
Maar dit was nie hoekom hy op my radar beland het nie. Hy is nog nooit by enigiets opportunisties betrek waarvan ek weet nie en sy teenwoordigheid in die ekonomie was nog nooit omstrede nie. My bron, wat normaalweg baie betroubaar is, vertel my egter die ongedurige sakeman, soos baie ander diknekke in die sakewêreld, het wel met die president vergader. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.