Kinders by dosyne vir ons eie Dokter Iqbal aangedra

TWAALF IS SELFS BETER AS TIEN

Kinders by dosyne vir ons eie Dokter Iqbal aangedra

Dis sekerlik elke joernalis se grootste vrees: Jy skryf oor die eerste vrou in die opgetekende geskiedenis wat geboorte gee aan tien babas op een slag, maar ná publikasie is daar dan skielik geen spoor meer van hulle nie. C. LOUISE KORTENHOVEN het begrip vir dié penarie – en sommer gróót nuus ook!

AS redaktrise van ONS SIN, die maandelikse nuusbrief van die departement djenderstudies aan ons universiteit, weet ek maar al te goed onder watter druk joernaliste verkeer om die sirkulasie-pot aan die kook te hou. Ek was byvoorbeeld by geleentheid in die versoeking om sappige besonderhede uit my kollega dr. Coenie Lingus se PhD-verhandeling te publiseer voordat die embargo verstryk het, maar gedagtig aan ons publikasie se streng etiese gedragskode ek het my gelukkig bedink.

Dit help ook dat ONS SIN ’n kundige etiese komitee onder voorsitterskap van my vriend Carl het wat toesien dat ek my as redaktrise by die gedragskode hou. Van selfs groter waarde is die wete dat sirkulasie uiteindelik tog daaronder gaan ly as ons hier en daar ’n ekstra nul, of ’n ekstra een, of ’n ekstra een én ’n ekstra nul, agter ’n syfer sou sit om dit meer opspraakwekkend te maak.

Tog besef ek hoe maklik dit kan gebeur dat ’n betroubare bron wat jy vir die eerste keer ontmoet van “tien babas” praat as hy eintlik “geen babas” bedoel het. En waarom sal ons nou nié ’n trotse pa vertrou wat sê sy vrou het tien babas gehad nie? Waarom die alewige agterdog oor gewone mense se aansprake? Is die belofte van R1 miljoen genoeg om ons te laat dink iemand sal vir ons lieg, of weet nie waarvan hy praat nie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.