VAN DLAMINI-ZUMA TOT PARRY
Drankbeheer: Onheilige alliansie dryf dié Nuwe Prohibisie
'n Uiteenlopende groep mense wat reeds voor die pandemie strenger beheer oor alkoholverkope in Suid-Afrika wou sien, het die inperkingsmaatreëls as 'n gulde geleentheid gesien om hul agenda op die land af te dwing, skryf MICHAEL FRIDJHON.
VAN DLAMINI-ZUMA TOT PARRY
Drankbeheer: Onheilige alliansie dryf dié Nuwe Prohibisie
'n Uiteenlopende groep mense wat reeds voor die pandemie strenger beheer oor alkoholverkope in Suid-Afrika wou sien, het die inperkingsmaatreëls as 'n gulde geleentheid gesien om hul agenda op die land af te dwing, skryf MICHAEL FRIDJHON.
Deel
DIE tyd van die pandemie is ’n onverwagte gelukkie vir Suid-Afrika se prohibisioniste. Dit het ’n eklektiese hutspot van spelers van oor die hele politieke spektrum in ’n onheilige alliansie byeengebring: Nkosazana Dlamini-Zuma, die Mediese Navorsingsraad (MNR)/dr. Charles Parry, die Suider-Afrikaanse Alkoholbeleidsalliansie, en Bheki Cele, verenig net in hul gemeenskaplike doelwit om strenger beheer oor die verkoop en verspreiding van drank in te stel.
Die spelwisselaar vir hulle was toe die ANC-regering besluit het om die Wet op Rampbestuur te gebruik om Suid-Afrika se respons op Covid-19 te rig. Dié wet, wat bedoel is om te gebruik in die geval van streekkatastrofes soos vloede en veldbrande, is nie onderworpe aan dieselfde statutêre hersieningsmeganismes wat in die geval van die land se noodregulasies verpligtend is nie. Die keuse van die Wet op Rampbeheer het die regering in staat gestel om parlementêre oorsig uit die weg te ruim en die prohibisionistiese vleuel in die ANC die vryheid gegee om ’n aantal beleidspunte te dryf wat in wetsontwerpe gedebatteer is, maar dit nie tot in die wetboeke gemaak het nie.
In die vroeë dae van die Covid-19-grendeltyd is die verkope van alkohol en tabak heeltemal verbied, hoewel daar in daardie tyd geen bewyse was dat enige van dié produkte tot die verspreiding van die siekte kon bydra nie. Gevolglik het dit vir die anti-alkoholbrigade dringend belangrik geword om die data te verkry om hul agenda te staaf. Teen 20 Mei 2020 (minder as twee maande nadat die aanvanklike streng inperkingsmaatreëls ingestel is en lank voordat behoorlike statistiese gereedskap ingespan kon word om lig op die saak te werp), het Richard Matzopoulos, befonds deur die MNR, die artikel “SA’s Covid-19 alcohol sales ban: the potential for better policy-making” in die International Journal of Health Policy Management gepubliseer...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikel