Ingonyama: Hofuitspraak kan grondhervorming in nuwe rigting stuur

KOMMUNALE EIENDOM

Ingonyama: Hofuitspraak kan grondhervorming in nuwe rigting stuur

Die onlangse hofuitspraak oor die Ingonyama-trust hou verreikende gevolge vir grondhervorming in Suid-Afrika in, skryf BEN COUSINS.

IN ’n mylpaal-uitspraak (https://www.groundup.org.za/media/uploads/documents/itb_judgment_11_june_2021.pdf) het die hooggeregshof in KwaZulu-Natal bevind dat mense wat tradisionele grond bewoon wat deur die Ingonyama (koning) van die Zoeloes in trust gehou word, die “ware en voordelige eienaars” van sulke grond is.

Dié uitspraak bevestig dat die raad van die Ingonyama-trust (https://nationalgovernment.co.za/units/view/110/ingonyama-trust-board) nie die ware eienaar van die grond is nie. Die trust mag dus ook nie die gewoonteregtelike grondregte van die besetters in huurkontrakte omskep soos tot nou toe gedoen is nie.

Die trust is in werklikheid slegs ’n veronderstelde eienaar van die grond. Dit het ’n mandaat om die grond te administreer “tot die beswil, materiële welsyn en maatskaplike voordeel” van die betrokke landelike gemeenskappe. Die trust administreer sowat 2.8 miljoen hektaar grond, sowat ’n derde van die hele KwaZulu-Natal...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X