POLITIEKE NOTABOEK | Zuma: Poëtiese geregtigheid, is wat dit is

UITEINDELIK!

POLITIEKE NOTABOEK | Zuma: Poëtiese geregtigheid, is wat dit is

Karma is ’n bitch en kierankies sal braai. Jacob Zuma in ’n oranje oorpak is ’n bevrydende oomblik vir Suid-Afrika, skryf MAX DU PREEZ. Hy bring ook lof aan twee sterk vroue, Thuli Madonsela en Sisi Khampepe, en wonder oor die kanse vir ’n presidensiële kwytskelding.

VIR meer as ’n dekade het Jacob Gedleyihlekisa Zuma die vesels van ons konstitusionele demokrasie losgetorring en Suid-Afrika se natuurlike politieke en ekonomiese ontwikkeling ondermyn, iets waarvan ons kinders en kleinkinders nog die gevolge gaan dra.

Hy was ’n afwyking, ’n aberrasie. ’n Immorele patriarg, ’n etniese chauvinis en stamgebondene, korrup tot in sy siel, ’n karikatuur van die slegste in Afrika. ’n Half-geletterde poligamis met dosyne kinders en ’n anti-intellektualis.

Zuma het die donker kant, die mees basiese instinkte van die gewese bevrydingsbeweging en baie swart Suid-Afrikaners verromantiseer en laat gedy, heeltemal uit pas met ons oop gemeenskap en ons respek vir grondwetlikheid en die oppergesag van die reg...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.