DALK moet ek begin deur my hipotese vir die oorsaak van die afgelope week se spontane ontbranding van Suid-Afrika se geweldspotensiaal op die tafel te plaas. Wat ons die laaste paar dae met afgryse gade geslaan het, was die informele politieke ekonomie van Suid-Afrika se aanval op die waardekettings van die formele ekonomie.
Daar was arm en honger mense onder die plunderaars, maar die blaam kan nie primêr voor die deur van armoede gelê word nie. Die middelklas, laer middelklas, werkersklas en studente het ook deelgeneem. Aanvanklik is drankwinkels en kruideniersware geteiken. Stropers het te voet toegeslaan en in sakke weggedra wat hulle kon, maar mettertyd het die werkswyse 'n geordendheid tipies van 'n informele mark begin toon.
Huishoudelike toestelle is in bakkies en bussies weggery en die groot pakhuiswinkels van Game en Makro is gestroop in die afwesigheid van die gereg en met die gelatenheid van normaliteit. Bitter min wat geplunder is, sal hul pad vind na die kombuise en sitkamers van armlastiges. Dit is bestem vir die waardeketting van die informele ekonomie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.