’n Buurtwag-patrollie en die sterre bokant Diepsloot

ONS NEEM ONS LAND TERUG

’n Buurtwag-patrollie en die sterre bokant Diepsloot

Die amokmakers het nie net misluk nie, hulle het ons almal ’n guns bewys, skryf JAN HORN.

DIE eerste aand van die onluste besluit ’n paar van ons buurt hier in Hills and Dales om roterend deur die nag die toegangsroete na ons te beman. Diepsloot is slegs vyf kilometer van hier en die mense is honger nadat die winkels daar gestroop is.

Ek en my swaer staan wag ná middernag. Die wind sny ’n reguit lyn uit Antarktika. Ek het my dik Gore-Tex-baadjie en -broek aan wat ek laas op my Everest-ekspedisie saam met Cathy O’Dowd en Ian Woodall gedra het. Warm sop en koffie help, maar ook net sover. Ek kyk op. Wanneer laas het ek na die sterre gekyk. Sterre gesien! Hulle hang in ysblou trosse in die naghemel. Die suidelike uitspansel is soveel ryker aan sterre as die noordelike halfrond s’n. Mensig, dis mooi!

My gedagtes gaan na my jong dae op ons plaas op Vaalharts. Ek is 14 jaar oud en dit is koringplanttyd. Ek ploeg die nagskof met ons Vaaljapie Ferguson en die Wildebeer-omslagploeg. Winter. Dieselfde poolwind en die ysige sterre. As ek die ploeg voor noord sny, waai die Vaaljapie se uitlaatgasse heerlik warm oor my bene. Bo by die wenakker swaai ek om en tref die suidewind my vol in die gesig. My neus en vingers vries behoorlik af. Die Vaaljapie se dreuning, die reuk van die kragparaffien-enjin en van varsgeploegde rooigrond en die sterre daar bo is jou sintuiglike ervaring...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.