SA se Swart Week: Ons wag op die kaptein

KOMAAN, CYRIL

SA se Swart Week: Ons wag op die kaptein

Wat Suid-Afrika ná 'n week van trauma en verwoesting nodig het, is 'n groot huisskoonmaak van die staat en drastiese programme om armoede te bekamp, skryf MAX DU PREEZ. Maar sit dit in ons president en sy regering se broeke?

In die nadraai van die mees gewelddadige week sedert 1994 is die belangrikste vraag of Cyril Ramaphosa die durf en visie het om ingrypende stappe te doen om die skade aan mens en eiendom te herstel en ’n nuwe rigting in te slaan wat ’n herhaling van die trauma onmoontlik sal maak.

Van die ander groot vrae wat ons nou moet vra terwyl ons nabetragting doen, is:

Het die intelligensiegemeenskap en die strafregstelsel die vermoë om die meesterbreine agter die aanslag op die staat en die ekonomie aan te keer en suksesvol te vervolg?Kan ons bekostig om nie dadelik die Covid-toelae van R350 per maand aan armes weer in werking te stel nie?Is dit nie nou oorvloediglik duidelik dat ’n basiese inkomstetoelae aan alle werkloses die enigste oplossing vir ekstreme armoede en ’n voorwaarde vir langtermyn-stabiliteit is nie?Hoe kan die staat en die private sektor binne ’n kort tyd die afgryslike werkloosheidsyfer afbring, veral onder jongmense?Hoe sal ons bankrot staatskas dié soort reddingshulp kan bekostig – dalk ’n groot lening by die Internasionale Monetêre Fonds?Het die doodsklok vir die ANC as regerende party uiteindelik gelui? En wie gaan dié vakuum vul?Hoe herstel ons die uiters gebrekkige Suid-Afrikaanse Polisiediens as ’n effektiewe mag wat burgers se grondwetlike reg op veiligheid kan waarborg?Is dit nie tyd om die bestaande staatsekuriteitagentskap te ontbind en van voor af ’n nuwe een te vorm nie?Hoe lyk die proses om die struikelende staat weer funksionerend te maak?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.