VYF REDES
Hoekom ’n Marshall-plan nie vir SA sal werk nie
Amerika se enorme Marshall-hulpprogram was gerig op ekonomiese herstel in Europese lande ná die Tweede Wêreldoorlog. So ’n plan vir Suid-Afrika sal vereis dat te veel dinge reg moet loop, wat dit hier byna onmoontlik maak, skryf ISMAIL LAGARDIEN.
VYF REDES
Hoekom ’n Marshall-plan nie vir SA sal werk nie
Amerika se enorme Marshall-hulpprogram was gerig op ekonomiese herstel in Europese lande ná die Tweede Wêreldoorlog. So ’n plan vir Suid-Afrika sal vereis dat te veel dinge reg moet loop, wat dit hier byna onmoontlik maak, skryf ISMAIL LAGARDIEN.
DEEL
IN een van sy skuimbek-tirades in Oktober verlede jaar het Julius Malema, leier van die EFF (ek veronderstel aan wit mense), gesê: “Vir hulle apartheid, vir hulle verkragting, vir hulle moord. Wanneer hulle om verskoning vra, moet hulle dit op die Afrika-manier doen. Ons het beeste nodig … ’n sinoniem vir geld. Hulle moet ons biljoene en biljoene betaal.”
Al wat wit mense dus volgens Malema hoef te doen, is om “biljoene en biljoene te betaal”. Die beter engele onder ons sal waarskynlik hierdie stelling sien vir presies wat dit is: die opruiende retoriek van ’n man wat daarop floreer om die emosies van ontevrede mense te manipuleer.
Dieper vrae moet gevra word. Onder die eerste hiervan is: Wat presies sal met die “biljoene en biljoene” gedoen word? Buiten dat dit bloot die sakke van die elite sal vul (Europese regerings het oor die afgelope ses dekades en meer biljoene en biljoene na Afrika gestuur), moet daar ’n formele, gestruktureerde en doelgerigte plan wees om besteding te bestuur indien daardie “biljoene en biljoene” wel oorhandig word...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
DEEL
Volgende artikelVerwante Artikels
Nuwe tradisie van ontkenning pla
Almal se griewe vloei by ’n sekere punt saam
‘Wees ’n bietjie nederiger, Helen’
Ernst Roets moet liewer stilbly
Wanneer die daad van skryf oorneem
DEEL
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers ons Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.