Van Rusland, met liefde vir Juliet Zoeloe: Agent DD kom in...

ИГРА ПРЕСТОЛОВ

Van Rusland, met liefde vir Juliet Zoeloe: Agent DD kom in uit die koue

Ná ’n uitmergelende week waarin sy in die voorste linies teen die opmars van die teenrevolusionêres geveg het, het C. LOUISE KORTENHOVEN en die res van haar noodreaksiespan oplaas verlede naweek kans gehad om ’n bietjie saam te ontspan – of so het hulle gedink ...

“KOM kyk vanaand saam met ons Barbarella op my nuwe grootskerm-TV,” laat weet my vriend Carl Sondagmiddag. Ek het dadelik ingestem, want hy was een van die hardwerkendste lede van die spesiale span wat ek verlede week op kort kennisgewing byeengeroep het om te kom help in die stryd teen die insurgente.

Ek is baie trots op ál die lede van die span: Carl, Carl se vriend Kebby, Kebby se vriend Ace, Ace se vriend Dali, en Dali se vriende Dudu-wat-’n-hy-is en Dudu-wat-’n-sy-is.

As dit nie was dat ek en Carl en Kebby en Ace en Dali en die Dudu’s vir ’n volle week lank elke dag skouer aan skouer tussen Hyde Park Corner se uitgelewerde winkels en die woedende stropers gestaan het nie, dan wás daar dalk vandag nie meer ’n Burberry of ’n Bella Luna in ons pragtige Johannesburg nie .....

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.