Die Republiek van Ramaforie verloor sy onskuld

WAT AS?

Die Republiek van Ramaforie verloor sy onskuld

Die kommer van die opperbevelvoerder van ons gewapende magte oor 'n Marikana 2.0, skryf HEINDRICH WYNGAARD, laat die wetstoepassingsagentskappe uitgelewer aan die onderduimse optrede van die aanhitsers van geweld of die planberamers wat hom as partyleier en staatshoof wil ontsetel.

PRETORIA het nie geval nie, die Uniegebou is nie omsingel nie, pres. Cyril Ramaphosa is nie aangehou en uit sy amp gestel nie; en die openbare uitsaaier is nie oorgeneem nie. 'n Noodtoestand is ook nie afgekondig nie; en die huidige beperkings op ons bewegings, wat Sondag opgeskort of verleng kan word, is deur die Covid-pandemie meegebring en nie deur die dramatiese gebeure van 'n week gelede nie.

Maar die geweld, brandstigting en plundertogte wat wel plaasgevind het, word ons tóg ook meegedeel, behoort nie onafhanklik beskou te word van 'n groter, geheime plan deur politieke vyande van Ramaphosa (en die demokrasie én die grondwetlike bestel) om die land te destabiliseer nie. Dit is wat ons sover weet, gegrond op wat ons gesien gebeur het – en wat ons wéét, soos dit mos nog altyd in ons land was, is dat die ergste toe nie gebeur het nie. Asof die gebeure nie erg of ontstellend genóég was nie; asof die dodetal (gister laatmiddag op 337 vasgestel) nie tragies is nie.

Welkom in Suid-Afrika, die Ramaforie-republiek van uitsonderlikheid...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.