De Klerk en Ramaphosa – anders en tog eenders

OORVLEUELENDE DILEMMAS

De Klerk en Ramaphosa – anders en tog eenders

Dit klink dalk vergesog om die omstandighede rondom FW de Klerk se presidentskap met die stand van sake rondom Cyril Ramaphosa s'n te vergelyk. Maar nie as jy ’n bietjie dieper in hul sekuriteits- en politieke dilemmas delf nie, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

OP sommige maniere word pres. Cyril Ramaphosa tans deur byna dieselfde uitdagings in die gestig gestaar as FW de Klerk toe hý in 1989 president geword het. Ek moet vinnig byvoeg dat ek geen morele gelykheid impliseer nie en die uiters verskillende maatskaplike en historiese omstandighede ten volle besef.

Sowel Ramaphosa as De Klerk is binne spesifieke historiese kontekste oënskynlik belas met sekurokrate wat danksy hul onderskeie voorgangers hul poste bekom het. Vandag kan hulle nie almal op vertrou of staatgemaak word om die land vorentoe te help beweeg nie, want hulle is aan die kant van politieke opponente wat die president as ’n verraaier beskou. Dieselfde was op De Klerk se bewindstyd van toepassing.

Ramaphosa moet met sekurokrate onderhandel wat wesenlik lojaal teenoor oudpres. Jacob Zuma is en alles wat saam met Zuma kom. Hulle meen veral dat hy, Ramaphosa, ’n verraaier is wat die Afrikane gekul het. De Klerk moes weer sekurokrate hanteer wat hy van PW Botha geërf het, en die Konserwatiewe Party (KP) wat hom as ’n verraaier van die Afrikanervolk beskou het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.