Die transformasie-reis: Kom ons vat hande

SAAM

Die transformasie-reis: Kom ons vat hande

Transformasie is ’n reis weg van divers en apart na divers en saam; weg van uitsluiting na inklusiwiteit; weg van vervreemding na omarming; weg van vyandskap na vriendskap; weg van diskriminasie teen mense na koestering, eerbied en ontsag vir almal oor alle grense heen; weg van verontmensliking en ver-ding-liking na menswaardigheid, skryf NICO KOOPMAN.

IN 1988 bring my neef, Obe Phillips, later predikant van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika en deesdae woonagtig in Nederland, die destydse Vrye Weekblad onder my aandag. Dit was liefde met die eerste oogopslag. Ek geniet toe dadelik die puik joernalistiek; die joernalistiek wat nie neutraal was nie, maar in die hoogty van apartheid ’n partydigheid uitgespreek het vir menswaardigheid, heling van wonde, geregtigheid, vryheid en gelykheid.

Groot was my teleurstelling toe Vrye Weekblad nie kon voortbestaan nie. Maar nog groter was my dankbaarheid toe Vrye Weekblad herrys in die derde dekade van ons demokrasie. Met sy bydrae tot openbare meningsvorming het Vrye Weekblad apartheid help afbreek. In sy nuwe gedaante help Vrye Weekblad ons op die voortgaande transformasiereis van ’n apartheidsamelewing na ’n samelewing waarin die demokratiese visie van menswaardigheid, heling, geregtigheid, vryheid en gelykheid vir almal werklikheid word.

Teen hierdie agtergrond is dit vir my ’n vreugde om my eerste bydrae vir Vrye Weekblad te skryf. Hierdie bydrae fokus op transformasie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.