Taliban: Waansin van soeke na suiwerheid

VIR ONS OF TEEN ONS

Taliban: Waansin van soeke na suiwerheid

Die Taliban en sy geloof en waardes het die afgelope 1,400 jaar of so nie verander nie, skryf ISMAIL LAGARDIEN. Meer as 25 jaar se totalitarisme in Afghanistan wys dit lei sonder uitsondering tot gruwelike geweld en uitwissing.

DAAR’S iets afskuweliks aan die soeke na suiwerheid en die totalitarisme wat onafwendbaar daarmee saamgaan. Wanneer dit as ’n politieke proses saamgevoeg word, is dit geneig om tot fundamentalisme te lei met ’n gepaardgaande geloof dat jy “óf vir óf teen ons is”. Soos die Taliban, en ons moet die Islamitiese Staat (Isis) insluit, vir meer as 25 jaar so gewelddadig in Afghanistan gewys het, lei dit sonder uitsondering tot die gruwelikste geweld, mishandeling en uitwissing.

Kom ons gee eers een tree terug en kyk kortliks, sonder om enige morele gelykheid te impliseer, na die geloofsoortuigings en waardes wat fundamentalisme ondersteun. Ek verstaan dit het te doen met die oortuiging dat daar ’n enkele oorsaak vir alle probleme is en daarom ’n enkele oplossing. Vir bittereinder-Marxiste is kapitalisme die oorsaak van alle probleme en kommunisme die antwoord op alle probleme. Vir markfundamentaliste is te veel regulering die probleem. Die antwoord is dus om alles te dereguleer en “die markte” toe te laat om alle geleenthede, bronne, winste en verliese toe te wys. Moenie jou bekommer oor daardie mense wat “verloor” het nie, want die mark sal “selfkorrigeer”…

Met die Taliban is daar ’n soortgelyke enkele-oorsaak-benadering tot alles wat in die samelewing verkeerd is. Al die euwels in die samelewing kan daaraan toegeskryf word dat sjariawette nie streng nagekom word nie. Die oplossing is dus volle implementering van sjaria. Verbind dit nou met die idee van “Shahid” (Koran 57:19 tot 57: 22), wat basies vir Moslempuriste en literaliste sê dat dit ’n eer is om die dood vir die saak van Islam te omhels. Dit verduidelik die praktyk van selfmoord-bomaanvalle en die onthoofding van “infidels” (ongelowiges). (https://www.bbc.com/news/world-africa-50924266)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.