Hoop is wat tussen mense gebeur

DINK, DROOM, DOEN

Hoop is wat tussen mense gebeur

Dalk is hoop iets anders as optimisme. Optimisme is ten beste ’n goeie gevoel, gebou op drome of wense. Dit kan dalk aanleiding gee tot konstruktiewe dade, maar kan ook gou weer verdamp in die aangesig van teenspoed. Hoop, in teenstelling, kom dalk eers tot stand nadat jy iets gedoen het om die teenspoed te stuit, skryf HERMAN WASSERMAN.

EK het dit nou al meer as een keer gehoor by mense wat pleister-op-die-boarm terugkeer van ’n Covid-inenting: Die proses het hulle onverwags baie aan die verkiesings van 1994 herinner (ja, ja, ek is oud genoeg om daardie verkiesing te kon onthou én al vroegerig ’n inspuiting te kon kry).

Daar is sekerlik ’n paar ooglopende ooreenkomste in die twee ervarings: die administratiewe proses van registrasie, die lang toustanery, die foto’s van bekendes wat glimlaggend ook hul beurt afwag, die opgewonde vertellings agterna: “Waar het jy jou stem uitgebring/jou inspuiting gekry?”

En, ja, die gerugte en misinformasie oor ’n wêreld wat sou eindig, die Antichris wat aan die opmars is, die blikkieskos en ivermektien wat opgegaar moet word. Maar die treffendste ooreenkoms was iets anders, merkbaar in mense se oë: skielik, nes destyds, was daar ’n sprankie hoop dat die lig aan die deurbreek is deur die lang donkerte...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.