Ons bid dat die kos nie opraak voor almal gekry het nie

ONS, DIE MENSE

Ons bid dat die kos nie opraak voor almal gekry het nie

Hulle bid maar so terwyl hulle kook. Dat die kos nie opraak voor almal gevoed is nie. ANASTASIA DE VRIES vertel van die vroue en die priester by die kombuis langs die kerkgebou in De Doorns, waar nood geen kerk- of geloofsverband of kleur vra nie. En hoe hulle hulp vanuit onder meer Stellenbosch gekry het.

LAAT dit vandag net genoeg wees, prewel een van die twee vroue stilweg, net vir vandag. Genoeg. Elke dag wat die Here gee, word die rye mense voor die kerk in De Doorns al hoe langer en langer en die sop en die brood of die pap of rys en bredie, ai. Sy loer by die venster uit. Kyk, vandag loop die ry vir die kinders al glads by die hek uit, hoek om. In die kombuis langs die kerkgebou plaas die vroue hul hande op mekaar se skouers, sluit hul oë. Die potte prut. Dit moet net genoeg wees, sê een van die vroue. Die Here hoor ons, Hy hoor. Soos daar geskryf staan: die meel in die kruik sál nie opraak nie …

Hulle bid maar so terwyl hulle kook, verduidelik sy. Vandag inniger. Dat die kos nie vandag van alle dae opraak voor almal gevoed is nie. Hul priester is in die omtes, het droëgoed vir die sop kom aflaai. En brood. Soms bring hy groente saam uit sy tuin in Worcester. Of vleisbene, as hy die geldjies kan rek.

Hulle bid hy ry voor hulle begin opskep. Hy’t ’n keer of wat gebly om te help, maar dis te swaar vir hom as die potte leeg is en buite wag die mense nog. Die eerste maal toe dit gebeur het, was sy oë vol trane. Hy’t sommer ’n koers ingeloop. Dit was nie lekker om te sien nie, sê sy. Hulle het hom ure later in die kerk kom kry, op sy knieë voor die altaar. Nou gee hulle maar altyd eers vir die kleintjies kos. Kinders verstaan nie van honger nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X