Wat het skeefgeloop met ons Konstitusionele Hof?

SLORDIGE REGSPRAKTYK

Wat het skeefgeloop met ons Konstitusionele Hof?

Onlangse hofbeslissings, en veral die jongste een oor oudpres. Jacob Zuma, dui op persoonlike partydigheid en politiekery, skryf ZIYAD MOTALA, 'n regsprofessor aan die Howard-regskool.

SUID-AFRIKA se Konstitusionele Hof was jare lank in glorie gehul en sy lof is wêreldwyd besing. Die hof se beslissings is in regsakademies oor die wêreld heen bestudeer. Baie van ons regters was in aanvraag om seminare oor die hof se insiggewende en verrykende regsgeleerdheid aan te bied. Ons burgery het so verdiep geraak in onbevoegde en korrupte regering dat ons aandag afgelei is van die beslissings en soms slordige regsgeleerdheid van ons land se hoogste hof. Die onlangse direktief en herverhoor van oudpres. Jacob Zuma se gevangenskap, wat ’n beroep op die partye doen om voorleggings te doen oor die implikasies van die Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte (IVBPR), is beslis ’n wekroep.

Regsgeleerdes hoef net na die resultaat van ’n hofbeslissing te kyk, maar veral na die gehalte en diepte van redenering – selfs as ’n mens nie met die uitslag saamstem nie. Van die belangriker onlangse hofuitsprake kom neer op ’n sinlose gebabbel, wat tot fluisteringe aanleiding gegee het dat ons hoogste hof soms soos ’n junior skynverhoorhof voorkom.

Een besluit kan spesifiek genoem word ter voorafwaarskuwing van wat die probleem en gevaar vir die Konstitusionele Hof is om dieselfde koers met die Zuma-aangeleentheid in te slaan. In die New Nation-saak het die hof voor die vraag te staan gekom of individue die reg gehad het om nasionale verkiesings buite die raamwerk van ’n politieke party te bevraagteken. Dit het die gesamentlike regbank van ’n moontlike elftal regters meer as nege maande gekos om sy uitspraak te lewer. Die meeste het aangedui dat hulle internasionale reg wil toepas en toe beslis dat ’n individu die reg het om verkiesings buite die raamwerk van ’n politieke party te betwis. Geen ander internasionale tribunaal of hof het al tot hierdie slotsom gekom nie. Die meerderheidsbesluit was oënskynlik na aanleiding van ’n treurmare van pynlike, onlogiese aanhalings wat nie naastenby met die betrokke kwessie verband gehou het nie. Dit, nes ander laerhof-uitsprake op grond van ’n deurmekaar gebabbel, het met reg skerp kritiek en veragting ontlok...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.