Ramaphosa se eie ‘nege vermorste jare’?

GROOTSTE HOOP BESKAAM SOMS OOK

Ramaphosa se eie ‘nege vermorste jare’?

Die skynbare inploffing wat die ANC tans beleef, laat HEINDRICH WYNGAARD wonder of dit dalk die kulminasie van die partyleier, Cyril Ramaphosa, se eie ‘nege vermorste jare’ is.

IN April 2019, ’n maand voor die algemene verkiesing, het The Economist ’n spesiale verslag oor Suid-Afrika gepubliseer wat in wese gesentreer het rondom die taak wat vir Cyril Ramaphosa op hande was indien die ANC die verkiesing sou wen. Die onderskeie temas wat in aparte artikels gedek was, sluit in die skade wat staatskaping onder die Jacob Zuma-bewind aan die land se instellings aangerig het, ’n herbesinning oor Nelson Mandela se nalatenskap, hoë werkloosheid, grondhervorming en onderwysprobleme.

Hierdie twee temas uit die spesiale verslag wil ek graag uitsonder: interne hervormings wat in die ANC moet geskied en Suid-Afrika se behoefte aan ’n wyer keuse van leierskapsopsies. Solank as wat die ANC regeer, het die publikasie sy lesers meegedeel, was Ramaphosa die beste persoon om die uitdagings met korrupsie, die ekonomie en in die staatsdiens te pak. Wat ’n mens helder bybly, is hierdie rooi flikker: “Yet it is not healthy for a democracy when a ruling party sees itself as indispensable, or when voters see a single person as the only hope for the country, as some South Africans say of the president.”

Selfs al beskou die ANC homself as onvervangbaar, soos ons bewus is oor dié voormalige vryheidsbeweging, was die tekens egter al reeds ná die 2016 plaaslike verkiesings daar dat die party se steun taan. Maar die 2019-verkiesingsuitslae het die party nogtans nasionaal aan die bewind gehou – en tot kiesers wat nie hul kruisies vir die ANC trek nie, was verlig dat dit Ramaphosa was – en nie dr. Nkosazana Dlamini-Zuma nie – wat op die ANC se 2019-verkiesingsplakkate verskyn het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.