Die k-woord: Taal gee maar net uitdrukking aan wat in ons...

DIE GEHEUE VAN DIE TAAL

Die k-woord: Taal gee maar net uitdrukking aan wat in ons vesel en senings ingeënt is

Om rasverwante woorde te verander, verander niks en al wat jy eintlik doen, is om ander etikette op dieselfde kategorieë te plak, skryf ANASTASIA DE VRIES.

Wat soek dié woord nog in onse woordeboeke, koppel iemand nou die dag ’n debat op sosiale media. Die woord. Die k-woord. Dit moet verwyder word. Geskrap word. Uitgevee word. Dit gee aanstoot, is neerhalend, kwetsend, rassisties. Dit moet bly, sê iemand anders. Sodat haar nageslag kan weet hoekom ons juis nie meer die woord gebruik nie. Dit hoort in ’n woordeboek, nêrens anders nie. Soos die n-woord steeds in Engelse woordeboeke. Mens moet onthou dat woordeboekmakers net probeer om die taalwerklikheid weer te gee, in al die skakerings van die hede en die ander, maan ’n ander.

Kyk, van woordeboekmaak weet ek soveel soos enigiemand anders wat nog nooit in haar lewe ’n woordeboek gemaak het nie. Toe slaan ek maar die woordeboek na. In die sesde uitgawe van die HAT op bladsy 567 staan by die onsêbare, gewraakte k-woord die gebruik van die woord is vandag “nie net erg beledigend en kwetsend nie, dit word inderdaad as lasterlik beskou. Wie hierdie woord teenoor ’n ander persoon gebruik, kan gedagvaar word, en dit moet dus in alle omstandighede vermy word”. Hierop word verskillende nuwe name verskaf vir goeters wat voorheen in verbinding met dié woord benoem is (nee, ek gaan dit nie skryf nie. Dit staan op bladsy 567 in die HAT): koraalboom, goudgeelvink, makataan.

Vervang. Verwyder. Skrap. Uitvee. Is dit die vraag? Ek weet te min om te weet. Al wat ek by myselwers kon dink, was: Lest we forget. My gedagtes loop terug na die Nigeriese priester Henry Nwokoro, wat op Oudtshoorn Afrikaans gaan leer het vir sy gemeentes in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth). Die geheue van die taal, het hy sy Afrikaanse verklarende woordeboeke genoem. Hy’t ’n hele paar gehad. Oues. Nuwes. Bel jy hom, draai die gesprek algou om ’n nuwe woord wat hy aangeleer het en jy kry die storie van hoe die woord in so-en-so ’n jaar gebruik is, hoe dit nou gebruik word, hoe dit verander het en hoekom. ’n Hele geskiedenis in ’n woord. Wie het ’n argief nodig as jy woordeboeke het, sou hy sê. Hy is intussen terug Nigerië toe, Afrikaanse woordeboeke en te al. Dis sy skuld dat ek nooit meer ’n ou woordeboek in ’n winkel kan laat lê nie. Die geheue van die taal, sien...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.