Covid-spoke: Vreemde verskynsels of ’n vorm van vertroosting?

IN TYE VAN VERLIES

Covid-spoke: Vreemde verskynsels of ’n vorm van vertroosting?

Volgens kenners is dit geensins vreemd dat daar ’n toename in spookverskynsels tydens tye van erge trauma en verlies is nie. Dit het ná die 2016-tsoenami gebeur, ná die Anglo-Boereoorlog en Pearl Harbor, en nou bring Covid met sy massasterftes ’n nuwe vlaag van bonatuurlike ervarings en besoeke. Hoe bisar ook al, dié belewenisse kan vertroosting en klarigheid in ’n onseker tyd bring, skryf GERDA TALJAARD.

IN 2011, toe byna 16,000 mense in Japan tydens ’n tsoenami gesterf het, het verskeie taxibestuurders gemeld dat hulle nog vir maande ná die tragedie “spektrale passasiers” vervoer het – deurdrenkte jongelinge wat langs die pad ’n huurmotor naderwink net om kort nadat hulle ingeklim het tussen neus en ore te verdwyn. Een taxibestuurder het vertel dat ’n vrou wat hy pas opgelaai het vir hom gevra het of sy dood is. Voor hy nog kon antwoord, was sy weg. Hierdie taxibestuurder, sowel as die meeste van die ander wat soortgelyke ondervindings gehad het, het uit respek vir die dooies die uitstaande reistariewe na die “anderkant” betaal.

Tydens en na afloop van die Eerste en Tweede Wêreldoorlog was daar gelyksoortige voorvalle. Wêreldwyd is daar berig oor bonatuurlike fenomene soos die verskyning van verminkte soldate, koplose perderuiters en spookskepe. Daar was selfs gerugte dat gesneuweldes deur middel van morsekode met hul oorlewende makkers gekommunikeer het.

Nadat die oorlogskip Arizona in 1941 tydens die aanval op Pearl Harbor gesink en 1,177 mense daarop gesterf het, was daar na bewering vir dekades daarna nog onverklaarbare verskynsels in die omgewing, soos druipnat spooksoldate, vreemde geluide en radarsisteme wat aandui dat daar ’n aankomende skip op see is terwyl daar in werklikheid niks was nie.    ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.