Cyril se man op die agtergrond

VOLG DIE PRESIDENT

Cyril se man op die agtergrond

Die voormalige presidensiële woordvoerder, Khusela Diko, bly in die kollig, terwyl HEINDRICH WYNGAARD glo Tyrone Seale, wat in dié rol waarneem, verdien om permanent aangestel te word.

SO amper asof die foto spesiaal vir hierdie artikel opgestel is, sien jy pres. Cyril Ramaphosa op die voorgrond op pad uit die imposante, leë Nasionale Vergaderingsaal beweeg: sy een hand is in sy sak, sy ander hand is iets aan die verduidelik aan Khusela Diko, toe nog sy woordvoerder, wat amper 'n tree voor hom uitloop.

Op die agtergrond kom lyfwagte en ander amptenare aangestap. Die mees herkenbare, naaste aan die kamera op die regterkant, is die presidensiële adviseur Steyn Speed; en dan – dóér agter, maar rég in die middel, spikkel Tyrone Seale van die regering se kommunikasie- en inligtingsdiens (GCIS). Dit is oor Seale, wat sedert Julie verlede jaar as Ramaphosa se woordvoerder waarneem terwyl hy steeds ook sy GCIS-pos beklee, dat hierdie artikel handel.

News24 het die foto deur Elmond Jiyane van GCIS die afgelope week geplaas by 'n berig oor die presidensie wat “ontwykend” sou wees oor onder meer Diko se herontplooiing. Dit is nadat haar dissiplinêre verhoor vir die nie-verklaring van sakebelange vroeër reeds afgehandel is. Dié sakebelange het haar in omstredenheid laat verval – en tot haar skorsing gelei - weens die voordeel wat haar eggenoot, hoofman Thandisizwe Diko II, uit regeringskontrakte vir PPE-beskermingsdrag teen Covid getrek het. Sedertdien is sý vir haar misstap skuldig bevind en is sy skriftelik gewaarsku om nie dieselfde oortreding vorentoe te begaan nie, maar die swaarder straf is waarskynlik dat sy ook ontneem is van haar rol as die president se segspersoon...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.