KLIP IN DIE BOS | Cyril is nie perfek nie, maar wie sal beter vaar?

VERDIEN MEER LOF AS AFTAKELING

KLIP IN DIE BOS | Cyril is nie perfek nie, maar wie sal beter vaar?

Daar is 'n bankrotskap van uitmuntende leierskap in die ANC, skryf CHARL THOM. En hy het Ramaphosa ontmoet toe dié NUM-leier was en beïndruk het met sy skerp intellek, onderhandelingsvaardighede en redelikheid.

  • 17 September 2021
  • Vrye Denker
  • 4 min om te lees
  • artikel 18 van 33
  • Charl Thom

DIT is skynbaar deesdae hoogmode om president Cyril Ramaphosa in vlamme af te skiet – veral op sosiale media. Verstaan my mooi, ek besef Ramaphosa is nie perfek nie. Niemand is nie. Hy maak foute, maar ten minste erken hy dit. En hy is en bly net 'n mens van vlees en bloed.

Persoonlik kan ek aan niemand in die ANC se topstrukture dink wat, realisties gesien, Ramaphosa kan vervang en beter as hy sal vaar in die pos nie. Ja, dit dui op 'n bankrotskap van uitmuntende leierskap binne die ANC. Maar dis 'n werklikheid en enige ander hoofleier sal immers uit die geledere van die regerende meerderheidsparty moet kom.

Dit sou sekerlik geregverdig wees om te verwag dat die ANC ná amper drie dekades in die regering al sou kon spog met 'n aantal leiers wat uitstaan as toekomstige hoofleiers. Ongelukkig nie. Dink nou maar aan die gewese minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize. Nie baie lank ná die begin van sy termyn as minister nie is van hom gepraat as 'n moontlike president. Maar, soos ons almal weet, lyk dit of daai sterretjie verskiet het. Wie bly oor?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.