Waarom bly 11 September 2001 in ons geheue vasgebrand?

TE MIDDE VAN ANDER TRAGEDIES

Waarom bly 11 September 2001 in ons geheue vasgebrand?

Wat ná die treurspel van 9/11 in Amerika gebeur het, was nie genoeg om ons diepe emosies los te skud nie, en ons het bloot ‘die globale oorlog teen terreur' en die feit dat Amerika weer 'n propagandastaat geword het, aanvaar, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

DIE wêreld het verlede naweek die katastrofiese aanvalle deur vliegtuie op die tweelingtorings van New York se World Trade Center en die Amerikaanse ministerie van verdediging se Pentagon-gebou in Washington onthou. Ek het destyds in Washington gewoon. My foon het gegons en die boodskap was: “Skakel die TV aan ...”

Baie mense het verlede naweek onthou waar hulle was toe hulle die nuus gekry het. Die stories bly meestal dieselfde. Dit was ’n tragedie, gruwelik en ’n oomblik van diep besinning. The Guardian in Londen het sy hele voorblad onder die banier “A Declaration of War” aan die gebeurtenis gewy. (https://www.theguardian.com/world/from-the-archive-blog/2011/sep/06/9-11-attacks-guardian-archive) Die pyn van die familie en vriende van diegene wat op daardie dag en die dae daarna gesterf het, sal die res van hulle lewe onuitwisbaar in hulle geheue bly. Die aanvalle op Amerika se finansiële sentrums in New York en die militêre hoofkwartier in Washington het hierdie simboliese magspunte opsienbarend in die internasionale kollig geplaas. Dit het die media wêreldwyd oorgeneem en ’n simboliese gebeurtenis in die mediageskiedenis geword. Wat ná daardie minute en ure van verwoesting en dood gebeur het, was nie genoeg om ons diepe emosies los te skud nie, en ons het bloot die globale oorlog teen terreur en die feit dat Amerika weer 'n propagandastaat geword het, aanvaar.

Die aanvalle het ’n oorlog teen terreur ontketen wat geen grense of einde ken nie; afsluiting hiervan het padlangs verlore gegaan. Die ideaal van proporsionaliteit in oorlogvoering is agtergelaat. Honderdduisende mense in Afghanistan en Irak sou sterf en hulle lande vernietig word. Gevangenes wêreldwyd sou by Abu Ghraib, Guantánamobaai en tallose ander “black ops”-areas verneder word. Amerika en sy bondgenote het seker gemaak hierdie aangeleenthede kry minder media-aandag as die aanvalle op Amerika in September 2001...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.