KLIP IN DIE BOS | Moet Zuma ‘wit geregtigheid’ kry?

DELIKATE SAAK

KLIP IN DIE BOS | Moet Zuma ‘wit geregtigheid’ kry?

Oudpres. Jacob Zuma gaan eers oor sowat vier weke weet of sy regspan se pogings om die hoofaanklaer in sy korrupsieverhoor van die saak verwyder te kry, geslaag het. Die aanklagte teen Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales spruit uit die wapenooreenkoms van 1999. Maar is 'n wit aanklaer voor 'n wit regter in 'n wit regstelsel uit Europa vandag gewens? vra LAURIE GREYVENSTEIN.

DIE hooggeregshof moet nou besluit of Jacob Zuma se verhoor sal voortgaan met advokaat Billy Downer wat sal optree as die hoofaanklaer. Daar behoort nie enige twyfel te bestaan oor die bevoegdheid van die staatsadvokaat wat die vervolging teen Zuma moontlik mag waarneem nie.

My vraag is verder of die verhoor voor die “wit” regbank, naamlik regter Piet Koen, moet voortgaan en of hierdie “wit geregtigheid” gewens is in die lig van die uiters plofbare situasie in KwaZulu-Natal.

Downer word deur Zuma se regspan daarvan beskuldig dat hy nie onafhanklik en onpartydig is nie. Hierdie bewerings word ten sterkste deur Downer en die staat ontken en die hof sal binnekort uitsluitsel daaroor gee...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.