IN die aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing op 1 November is die vraag vir wie om te stem natuurlik die een wat die meeste kiesers vra. Hierdie keer word die antwoord gekompliseer deur ’n groot politieke partystelsel wat homself in die skande gesteek het, en met die stelsel van staatskaping deur politieke partye gemaklik ingeburger. Hierdie verkiesing gee ons die geleentheid om nie net van regerende party te verander nie, maar om die hele stelsel te verander. En ons kan dit só doen.
In sy boek Winners Take All: The Elite Charade of Changing the World wat in 2018 verskyn het, redeneer Anand Giridharadas oortuigend dat sodra ’n individu of groepering die mag oorneem en in die “binnebaan” kom, hulle nie juis verandering wil hê wat hulle magsposisie ondermyn nie. Hulle werk eerder daaraan om ’n stelsel wat hulle tot voordeel strek aan die gang te hou deur hulle mag en skelm oorredingstaktieke in die openbaar in te span. Daar is baie min aansporing om enigiets te verander, selfs al is ’n stelsel wanfunksioneel.
Só is wurggreep beveilig..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
WAT KOM NÁ DIE ANC?
Mmusi Maimane: Verkiesing is ’n geleentheid om die partystelsel te verander
As onafhanklikes kan saamwerk om gedeelde nasionale doelwitte te bereik, kan dit hervorming in hoë mate dryf en bevoordeel, skryf MMUSI MAIMANE.
Deel
IN die aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing op 1 November is die vraag vir wie om te stem natuurlik die een wat die meeste kiesers vra. Hierdie keer word die antwoord gekompliseer deur ’n groot politieke partystelsel wat homself in die skande gesteek het, en met die stelsel van staatskaping deur politieke partye gemaklik ingeburger. Hierdie verkiesing gee ons die geleentheid om nie net van regerende party te verander nie, maar om die hele stelsel te verander. En ons kan dit só doen.
In sy boek Winners Take All: The Elite Charade of Changing the World wat in 2018 verskyn het, redeneer Anand Giridharadas oortuigend dat sodra ’n individu of groepering die mag oorneem en in die “binnebaan” kom, hulle nie juis verandering wil hê wat hulle magsposisie ondermyn nie. Hulle werk eerder daaraan om ’n stelsel wat hulle tot voordeel strek aan die gang te hou deur hulle mag en skelm oorredingstaktieke in die openbaar in te span. Daar is baie min aansporing om enigiets te verander, selfs al is ’n stelsel wanfunksioneel.
Só is wurggreep beveilig..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel