Drome word nat en brommers vier fees waar ANC se rioolpyp na ...

VERDEELDE, BROSE ANC

Drome word nat en brommers vier fees waar ANC se rioolpyp na benede stort

Die geborgenheid van die bevrydingstryd het plek gemaak vir wantroue en kollektiewe verlies, skryf PIET CROUCAMP oor die regerende party.

DALK is Cyril Ramaphosa nie so gevestig as wat ek al vir maande beweer nie.

Oor net meer as ’n jaar is dit weer leierskapsverkiesing in die ANC. Dit is nou duidelik dat die ineenstorting van die sekretaris-generaal (SG) se kantoor die ANC in die aanloop na die verkiesing ongelooflik verdeeld en broos laat. Ramaphosa kry duidelik nie beheer oor tak- en streekpolitiek nie. Die president van die ANC is baie bewus van die vernedering wat hom te beurt kan val in Desember 2022 indien hy nie sy invloed na die provinsies uitbrei nie.

Kom ons neem bestek van die breë politieke landskap voordat ons terugkeer na die president se struikelblokke op pad na ’n tweede termyn. Dit is sekerlik maklik om die ANC te haat vir wat dié party aan ons ideale vir ’n demokratiese Suid-Afrika gedoen het, maar om net die regerende party vir die benarde situasie te blameer is ’n veralgemening wat min nuwe insig sal bring...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.