Camissa: ’n Nuwe naam vir die ‘ander’ K-woord

ANDERKANT VELKLEUR

Camissa: ’n Nuwe naam vir die ‘ander’ K-woord

Vir bruin en ander Suid-Afrikaners op soek na ’n benaming wat oplaas verby die rasgebondenheid van die verlede wil beweeg, vind ’n nuwe term al hoe meer aanklank, skryf ANESCA SMITH.

OP ’n verkiesingsbyeenkoms in 1983 sê wyle Marike de Klerk, destyds die vrou van oudpres. F.W. de Klerk, oor bruin mense in ’n onderhoud: “U weet, hulle is ’n negatiewe groep. Die definisie van ’n Kleurling in die bevolkingsregister is iemand wat nie ’n swarte is nie, en ook nie ’n blanke nie, en ook nie ’n Indiër nie, met ander woorde, ’n nie-mens… Hulle is oorskiet. Hulle is die mense wat oorgebly het nadat die volke uitgesorteer is.”

Byna veertig jaar later en die K-woord, sowel as sy Engelse vertaling “Coloured”, is steeds volop in gebruik – in die volksmond én amptelike dokumente wat dikwels vereis dat mense hulle ras aandui. Dít ondanks herhaalde pleidooie aan die regering om dit nou eens en vir altyd af te skaf omdat dit bydra tot verdeeldheid en rassepolarisasie en tot frustrasie van vele bruin mense.

So herhaal Tony Ehrenreich, voormalige leier van Cosatu in die Wes-Kaap, op Erfenisdag in ’n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa ’n versoek van vroeër om dié woord eens en vir altyd te skrap. “Die meeste mense wat deur die apartheidsregime as ‘Kleurling’ omskryf is, is ongemaklik met die term.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.