Kan ons ’n beter wêreld bou ná Covid-19?

NUWE VENSTER VAN GELEENTHEID

Kan ons ’n beter wêreld bou ná Covid-19?

Die ekonoom Ian Goldin sê in sy nuwe boek ons het geen keuse nie – die pandemie het ’n geleentheid geskep om die mensdom te red, skryf ALLAN GREENBLO.

’n VLOEK kan soms ’n bedekte seën wees. Wat die ontwrigting en dood weens die pandemie betref, is Covid-19 baie beslis ’n vloek.

Maar die Oxford-ekonoom Ian Goldin stem nie saam nie. Hy voer in sy boek Rescue: From Global Crisis to a Better World aan dat die pandemie ’n “verbuigingspunt” geskep het om die wêreld weg te keer van die katastrofes wat onafwendbaar sou wees op die prepandemiese trajek: meer ongelykhede, die verwoesting van die omgewing en ander aardrampe wat “ons samelewings uitmekaar skeur”. Ons het ’n “radikale rigtingverandering” wat gelykheid en volhoubaarheid sal bevorder, desperaat nodig.

Die aanbevole verandering is so radikaal dat dit vergelykbaar is en inspirasie put uit die heropbou van Europa ná die Tweede Wêreldoorlog. Die algemene gevoel dat so ’n slagting in die toekoms gekeer moet word, was só sterk dat ’n nuwe era van internasionale samewerking gebore is. Bretton Woods en die Marshall-plan is van die inisiatiewe wat dekades van ongekende voorspoed gevoer het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.