Selfs sonder Blanke Toesig gaan NkosaXanadu ’n spogstad wees!

LEKKER BY DIE A-N-SEE

Selfs sonder Blanke Toesig gaan NkosaXanadu ’n spogstad wees!

Danksy die epogmakende werk wat C. LOUISE KORTENHOVEN en haar kollegas gedoen het om die weg te berei vir die onvermydelike vestiging van die Kaapse Republiek van Joumasepoetamia, is lede van haar departement sedertdien ook betrek by die huidige regerende party se planne vir ’n nuwe stad aan die KwaZulu-Natalse Suidkus.

MY kollega dr. Coenie Lingus, ’n man wat nie altyd ’n wag voor sy mond het nie, verkondig al lank hoe teleurgesteld hy is dat die regerende party nie sedert Jacob Zuma se vertrek behoorlik buite die doos begin dink het nie.

En wie gaan toe verlede week heen en werp ’n knewel van ’n knopkierie tussen die uitgeteerde broeikuikens van die land se politieke voorspelbaarheid? Ja, einste die oudpresident se voormalige vrou en unsere neue volksmutter Nkosazana Dlamini-Zuma!

(Coenie sê Nkosazana staan in sommige kringe bekend as “die een wat weggekom het”, maar nugter weet wat hy daarmee bedoel.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.