Weet jy hoe ver strek jou weiering om ingeënt te word régtig?

DIT GAAN NIE NET OOR JOUSELF NIE

Weet jy hoe ver strek jou weiering om ingeënt te word régtig?

Met elke Covid-vlaag word alle nienoodsaaklike prosedures en operasies in hospitale gestaak en moet van kankerpasiënte tot kandidate vir knievervangings hoor hul hoop op verligting en genesing is wéér op ys. En borskankerstryder ILZA ROGGEBAND is nou, soos menige ander, ’n bietjie moeg daarvoor, om die minste te sê. Gaan antivaxxers ooit hoor?

LANG storie kort: Jou weiering om ingeënt te word het ’n direkte impak op my gesondheid.

Hiermee die kort storie lank: Borskanker is op 10 September verlede jaar by my gediagnoseer. Wat ek gedink het ’n roetinemammogram op 7 September sou wees, het tot twee biopsies en die uiteindelike uitslag ’n paar dae later gelei. Borskanker wat al buite die sel begin groei het in die regterbors; kanker nog in sito (binne die sel) in die linkerbors.

My seun het daardie week sy praktiese eksamen in ontwerp vir sy matriekeindeksamen gedoen. Die rekordeksamen in al die ander vakke het nog voorgelê en natuurlik ook die eindeksamen. Ja, in ’n pandemie kan jy nie net ’n kind in matriek hê nie, jy kan ook hoor jy het borskanker. Nogtans sal ons jubel.  ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.