Is ek my plek?

‘ONS HET VERGEET'

Is ek my plek?

ANASTASIA DE VRIES skryf oor wat dit beteken om bruin in dié land te wees en die stigma van ‘Cape Flats-kleurlinge’.

EERS gelag en toe gehuil. Laat my toe om dit só te stel en bewaar my van die bose. Want weke lank was dit die ene opgewondenheid, en dit oor Herschelle Benjamin se In Slavenhuis 39 wat eers teen die einde van die maand behandel gaan word. Ek het ’n geween en ’n gekners van tande verwag oor nog ’n boek wat ek, pas nadat dit verskyn het, halfpad deur die kursus “ingeglip” het. Toe nou nie.

Dit praat oor wat dit beteken om bruin in dié land te wees, verkondig die eerste student wat die boek in die hande kon kry in ons lesinggroep op WhatsApp. ’n Geskarrel van ’n ander wêreld bars los. Almal soek die boek. Dié eerstejaars skram nie weg van kwessies soos identiteit en beeldvorming in veral die letterkunde nie, het ek en hul poësiedosent al gou agtergekom. En hulle is glad nie lui om dit aan húl werklikhede te toets of hul eie opvattings te bevraagteken en krities te hersien nie.

Dae lank ribbok my hart teen ’n duisend Kilimandjaro’s uit met elke boekaankoop se aankondiging. Daal in die dieptes af oor die geweeklaag ná ’n paar dae: dis uitverkoop, wat nou? Dae later: die boek is hier en hier en ook aanlyn beskikbaar. Die mevrou van Protea Boekhuis laat weet sy het nuwe voorraad ingekry. O, blye dae...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.