Dr. Celeste Campher het die grade B.Com., B.Com Hons., M.Com. én Ph.D. aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Sy is sedert 2011 ’n ekonomiedosent by haar alma mater en het voor dit vir sewe jaar (2003 – 2010) as ’n staatsamptenaar in die kantore van beide die premier en die provinsiale tesourie van die Vrystaat gewerk. Dié Kimberliet woon tans in Bloemfontein saam met haar man en vier kinders.
BY DIE STEMBUS
Dié verkiesings gaan ’n klomp dwase na vore bring
Die uitslag van vanjaar se verkiesings vir plaaslike regering sal waarskynlik kiesersontevredenheid eerder as lojaliteit weerspieël, soos wat ons ook in vorige verkiesings gesien het, skryf CELESTE CAMPHER.
Deel
EEN van my gunsteling sêdinge is “net ’n wyse man verander sy mening”. Dis aangepas van Desmond Ford se aanhaling “A wise man changes his mind sometimes, but a fool never. To change your mind is the best evidence you have one”.
Ek sê dit graag vir myself (my kop) wanneer ek met kollegas in die akademiese omgewing praat. Akademici is in die algemeen nogal hardkoppig oor hulle denkprosesse, gelowe en besluite want, wel, as akademici weet hulle skynbaar alles en kan hulle dus nie maklik oortuig word om anders te dink nie. Sê ek hiermee akademici is dwase? Nee, nooit nie! Ek is self ’n akademikus, maar tussen ons pas die skoen veels te veel van ons.
Gepraat van dwase: Die munisipale verkiesings vind op 1 November plaas. Dit gaan beslis ’n hele klomp dwase in die aanloop tot en ná die verkiesing na vore bring. In die volgende paar weke gaan ons blootgestel word aan ’n spesiale kategorie van dwase wat ons “politici” noem. Maak gereed vir ’n klomp gekhede uit hierdie oord, soos leë beloftes, leuens, arrogansie, ’n geboelie, ’n slegmakery, dans en sing en ondenkbare dinge soos skoon strate, vullisverwydering, paaie sonder slaggate en binnelandse sake is dalk op naweke oop. Ons is beslis in vir ’n ding vandeesmaand soos hulle mekaar aanvat in hulle onderskeie veldtogte...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Celeste Campher
AkademikusDr. Celeste Campher het die grade B.Com., B.Com Hons., M.Com. én Ph.D. aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Sy is sedert 2011 ’n ekonomiedosent by haar alma mater en het voor dit vir sewe jaar (2003 – 2010) as ’n staatsamptenaar in die kantore van beide die premier en die provinsiale tesourie van die Vrystaat gewerk. Dié Kimberliet woon tans in Bloemfontein saam met haar man en vier kinders.