Die politiek van wrewel: Wit prestasies sal álmal help

EKONOMIESE ARGUMENT TEEN GEDWONGE TRANSFORMASIE

Die politiek van wrewel: Wit prestasies sal álmal help

Suid-Afrika se skaars intellektuele en ondernemende hulpbronne moet in die ware nasionale belang optimaal aangewend word, betoog BRIAN KANTOR.

DAAR is algemene konsensus dat die kandidaat wat juristies die beste gekwalifiseer is, regter David Unterhalter, nie deur die Regterlike Dienskommissie genomineer is om as regter van die Konstitusionele Hof aangestel te word nie. Hy is deur die geskiedenis verdoem net soos enige ander kandidaat vir 'n belangrike rol in die regering sou gewees het wat nie swart is nie en in die ou Suid-Afrika grootgeword het, bevoorreg deur sy opvoeding en geleenthede wat deur ras en politiek bepaal is.

Gegewe hierdie geskiedkundige voordele, is die vraag of dit onregverdig sou wees om aan te voer dat indien Unterhalter in die Konstitusionele Hof aangestel word en besonder goed vaar, soos waarskynlik die geval sal wees, sulke prestasies sy kollegas of potensiële kollegas wat nié sy voordele geniet het nie, ongemaklik genoeg sou maak om hom daarvoor te verkwalik? Só gegrief om hom eerder uit te hou en die land van sy potensiële dienste te ontneem? Selfs al was daar vele mededingende juriste van 'n soortgelyke bevoorregte agtergrond wat nie naastenby dieselfde welverdiende sukses en reputasie het nie?

Ek is bevrees dat die wrewel teen werklike en potensiële wit prestasie in die nuwe Suid-Afrika 'n belangrike invloed is wat ons ekonomie verhinder om 'n belangrike, uiters skaars en waardevolle hulpbron ten beste te gebruik – die waarde van menslike kapitaal wat deur hoogs vaardige en internasionaal mededingende wit Suid-Afrikaners  vergestalt word. (Dis benewens die hoë koste om hulle te vervang.) As hierdie menslike kapitaal aangewend word, sal dit soveel meer doen as om net die groei van die ekonomie en almal wat daarvan afhanklik is, te bevorder – mits dit met die regte aanmoediging aangewend word. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.