Kruisverhoor: ’n vlymskerp wapen in die advokaat se arsenaal
SKAAKMAT

Die doelgerigte heen-en-weer-ondervraging van getuies is iets waarmee bekwame regslui getuienis kan staaf óf aan flarde kan ruk. En om dít doeltreffend te doen is ’n goed deurdagte strategie nodig, skryf CHRIS MARNEWICK SC.
DIE eens arrogante verweerder in die saak verkrummel voor die advokaat waar sy die data van selfoontorings, GPS-toestelle en rekenaars se IP-adresse uitryg. Teen die tyd wat die hof verdaag, sit hy kop onderstebo. “OMG, that cross examination was awesome,” hoor ons uit die bondel regslui net voor die akteurs se name oor die televisieskerm begin rol.
Dis hoe dinge in hofdramas op televisie verloop, maar in werklikheid is daar wets- en etiese beperkings op die spreekwoordelike skote wat die kruisondervraer mag vuur. Jy mag nie die getuie boelie, in die rede val, uitkryt as ’n leuenaar, mislei deur sy of haar woorde te verdraai, of vra vir kommentaar oor die geloofwaardigheid van ander getuies nie. Jy mag ook nie met getuies redekawel nie, en jy moet hul reg op hul waardigheid respekteer.
Met goeie kruisverhoor kan advokate en prokureurs hul kliënt se saak bevorder. Dis wanneer hulle die betroubaarheid en geloofwaardigheid van die opponent se getuienis en getuie toets, en dít kan ’n geleentheid skep om die kliënt in ’n beter lig te stel. Wanneer dit rof gaan in die hof, word dit ’n noodsaaklike geleentheid om die kliënt se weergawe aan die opponent se getuies te stel...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
’n Sprankie hoop vir ’n regverdige regstelsel
’n Pakt met ’n rampokker
Coligny-saak: Wat laat ’n regter wankel?
Die siener, die lyk en ’n agterdogtige nuushond
Vroue se liggame die buit in misdaad
’n Psigopaat se afspraak met die laksman
Sal jý die galg se hefboom trek?
‘Kom skreeubalie, jou tee word koud’
Deel
-
Deel
Chris Marnewick
RegskennerChris Marnewick is ’n regskenner en die skrywer van onder meer Litigation Skills for South African Lawyers en Shepherds and Butchers. Hy was ’n advokaat sedert 1976 en is sedert 1991 ’n senior advokaat.