Sal ons beter af wees sonder die ANC?

OORLEWING IS GELUKKIG WEL IN ONS GENE

Sal ons beter af wees sonder die ANC?

Suid-Afrika is nie op ’n goeie plek nie. As die land ’n pasiënt was, sou Baragwanath se ongevalle-afdeling ’n redelike langtermyn-tuiste vir Mzansi gewees het. Maar ons gaan om verskeie redes nie noodwendig beter af wees as die politieke draak van die ANC verdwyn nie, skryf PIET CROUCAMP.

EK het al op die harde manier geleer om liewers uit die bekgevegte te bly wat die teenstrydighede in my frontale lob by lesers ontlont. In reaksie op my laaste rubriek skryf Schalk le Roux dat my negatiwiteit hom teen die bors stuit. Die probleem met gesprekke oor die welstand en toekoms van Suid-Afrika is dat kritiek soos dié van Schalk te dikwels geldig is. Suid-Afrika is nie op ’n goeie plek nie. As die land ’n pasiënt was, sou Baragwanath se ongevalle-afdeling ’n redelike langtermyn-tuiste vir Mzansi gewees het. Rubriekskrywers wat op selfs die mees positiewe politieke scenario fokus, sal nie die armoede, konflik en geweld kon ignoreer nie.

Die konteks van ons hede en toekoms is kompleks, en dalk selfs benard. As ’n politieke party is die ANC in ’n uiters droefgeestige toestand. Die goeie nuus is dat geen bevrydingsbeweging dit gemaak het tot in die hiernamaals nie. Ten spyte van hulle aanvanklike morele gesagsposisie – in die nadraai van kolonialisme en apartheid – het hulle byna sonder uitsondering uiteindelik, soos Simson, die pilare op hulleself omgetrek.

Maar opposisiepartye kom ook nie werklik die mas op nie. Tans is daar nie ’n enkele party wat swart Suid-Afrikaners kan oortuig dat hulle ’n alternatief vir die korrupte ANC is nie. Suid-Afrikaners wat die bevrydingsbeweging as ’n historiese politieke tuiste ervaar, het nie werklik alternatiewe by die stembus nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.