China en Taiwan: ergste spanning in 40 jaar

GLOBALE VERSKAFFINGSKETTINGS BEDREIG

China en Taiwan: ergste spanning in 40 jaar

Die spanning tussen die VSA en China word nou verder aangeblaas deur China se aggressie teenoor Taiwan, met aanduidings uit Beijing dat 'n militêre offensief net 'n kwessie van tyd is. As die Chinese regering sy retoriek deurvoer, kan die konfrontasie met Taiwan heel moontlik die dekade definieer, waarsku die ontleder PETER APPS in 'n meningstuk vir REUTERS. En as dit nóg verder eskaleer, kan dit nog die eeu definieer.

  • 20 Oktober 2021
  • Vrye Denker
  • 7 min om te lees
  • artikel 2 van 8
  • Reuters

LAAS week het China se nasionalistiese Global Times sy retoriek oor Taiwan verander. 'n Militêre offensief deur Beijing om die eiland terug te vat is nou 'n kwessie van “wanneer" eerder as “as", het die publikasie gesuggereer. Die Amerikaanse troepe in Taiwan – na berig word is dit 'n klein groepie – sal volgens Global Times onmiddellik teikens wees.

The Wall Street Journal het berig die Pentagon het begin om 'n beperkte aantal lede van Amerika se spesiale magte en mariniers deur Taiwan te roteer om plaaslike magte op te lei. Dit is klaarblyklik 'n opdrag van Amerikaanse amptenare in reaksie op die verskerpte Chinese retoriek en militêre magsvertoon.

Taiwan se minister van verdediging, Chiu Kuo-cheng, waarsku nou dat Beijing teen 2025 gereed kan wees om die land in te val. Hy beskryf die huidige spanning as die ergste in 40 jaar. China het vanjaar al meer vegvliegtuie in Taiwan se lugruim ingestuur – en 'n rekordaantal met elke inval – tot verlede week se bykans 150 oor die vier dae van die Chinese vakansienaweek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.