Aand van Legio by die St. George-hotel

VERMENG MET DIE SEMELS

Aand van Legio by die St. George-hotel

In ’n helder beligte konferensiekamer in een van Irene se mees outentieke Mediterreense hotels, skaars 20 minute te perd van Jan Smuts se huis af, het C. LOUISE KORTENHOVEN haar bevind in die middel van die gyselaardrama wat die land verlede week geruk het.

DIT was my nuwe vriend Dali wat by die minister van verdediging aanbeveel het dat my hulp as konsultant ingeroep word om die regering se geskil met die herstigte bond van oudstryders te help besleg.

(Dali is die man wat vroeër vanjaar regsgeskiedenis gemaak het deur ’n landdros te oortuig dat dit nie Thandi Modise se skuld was dat die varke op haar plaas mekaar van honger begin opvreet het omdat die man wat haar sekretaresse teen R30 per dag as plaasbestuurder aangestel het nooit betaal is nie en toe maar sy goed gevat en geloop het.)

Thandi, het Dali my verseker, is ons land se beste minister van verdediging wie se van Modise is sedert Joe, wie se heengaan net betyds was sodat alles van die Sondeval tot by Fana Hlongwane se aambeie op sy brood gesmeer kon word, by wyse van spreke...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X