Om ’n knie te buig of nie, dís die vraag

KRIEKET-SAGE

Om ’n knie te buig of nie, dís die vraag

In ons kinders bewonder ons eiesinnigheid; in ons sportpersoonlikhede word dit ’n verdoembare onding al getuig dit van integriteit, skryf PIET CROUCAMP oor die Quinton de Kock-sage.

DIT pla my ’n bietjie dat ek nooit vir die Springbokke sal mag speel nie. Ek weier my lewe lank om Nkosi Sikelel’ iAfrika te sing. Die eerste deel verheerlik gode en die tweede deel het ’n militaristiese ritme wat apartheid verheerlik, en albei dié verskynsels het die mensdom ontsaglike skade berokken. Nie een is onskuldige verskynsels wat ek bereid is om simbolies te vereer nie.

As ek dus môre in die Springbokspan ingesluit word om die All Blacks te pak (die Here help Suid-Afrika), sal ek waarskynlik aan die span moet onttrek omdat ek weier om die nasionale lied te sing. Dalk identifiseer ek nie met die nuwe Suid-Afrika nie, of is ek nie ’n patriot nie, of sukkel ek, rassisties, met die dele wat nié in Afrikaans of Engels geskryf is nie.

Daar is ’n verdoemende oordeel vir diegene wat nie konformeer tot die simboliek van eenvormigheid nie. My vraag is, hoekom kan ek nie net met ’n bek vol tande staan sonder dat ek daarvoor verdoem word nie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.