Speel Suid-Afrika met (staatsveiligheid-)vuur?

SPYT KOM TE LAAT

Speel Suid-Afrika met (staatsveiligheid-)vuur?

Die onlangse ministeriële gyselaarsdrama spook nog by HEINDRICH WYNGAARD. Hy verduidelik waarom.

ONS, die mense van hierdie land, vergeet tog so maklik. Of dalk gebeur daar net so baie dat ons nie te lank by een gebeurtenis kan talm nie; dat ons genoop word om te bly beweeg, vorentoe te stu, aan te kap.

Ook die aand van 14 Oktober – toe nagenoeg 60 selfverklaarde “vryheidstryd-oorlogsveterane” twee ministers en ’n adjunkminister gyselaar gehou het – het al byna in die niet verdwyn.

Dit behoort ons te bekommer. Maar dan is dit ook nou so dat die betrokke ministers – dié van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, en die minister in die presidensie, Mondli Gungubele – die drama afgemaak het as niks ernstigs nie; dat hulle maar net moes knyp omdat hulle nie toegelaat is om die badkamer te gebruik nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X