Te rou om te rou

DIE AFSTAND TUSSEN LEWE EN DOOD

Te rou om te rou

As daar ’n regte manier is om te rou, het sy ná haar pa se selfdood alles verkeerd gedoen, skryf BIANCA DU PLESSIS.

TE laat besef jy die afstand tussen lewe en dood is een asem diep. Ek was 31 toe my ma op ’n sonnige Maandagoggend in 2002 bel om te sê my pa het homself geskiet. Al was hy vir meer as ’n dekade op antidepressante, het ek nooit gedink hy sou sy lewe neem nie. Baie mense leef met depressie. Ek het aangeneem hy sou ook kon.

Ek het ’n kaartjie na Port Elizabeth gekoop, in my kar geklim en met De Waal-rylaan huis toe gery. My wonderlike pa was dood en skielik was ek die kind van ’n man wat selfmoord gepleeg het. Die Kaapse hawe was ’n skitterende weerkaatsing van die wolkelose blou lug. Net nog ’n pragtige dag in Afrika, maar ek was op pad na my donker vallei.

As daar ’n regte manier is om te rou, het ek alles verkeerd gedoen. Hoe moes die 31-jarige vrou met haar uitmekaargeblaasde hart van beter weet? Mens hoor van die vyf stadiums van rou, maar hoe dóén jy dit actually, dag ná dag?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X