Stilswyend geniaal, al is daar nie ’n woord oor die Beloofde Land

SÊ NET NIKS

Stilswyend geniaal, al is daar nie ’n woord oor die Beloofde Land

TINUS HORN wonder oor die Israeliete se gebrekkige navigasie, Danie Gerber in 'n foonhokkie en Quinton de Kock wat aanvanklik tjoepstil was.

MOSES was nie goed met woorde nie. Hy het boonop gehakkel, en moes sy ouboet Aäron saamsleep om met Farao te onderhandel. Die Farao, sou mens raai, was ’n besige man. Het hy tyd gehad om met Moses te staan en ha-ha-ha-hanna-hanna? Sekerlik nie.

Maar wanneer mens aan Moses terugdink, vergeet mens van sy gebrekkige woordvaardighede. Mens dink aan die ou wat die Rooi See oopgekloof het sodat die Israeliete kon deurstap. Geniaal! As daar destyds anger management-opleiding beskikbaar was, sou hy ver kon kom. Dalk al die pad tot in die Beloofde Land.

Soos Moses, is Quinton de Kock en Danie Gerber nie goeie sprekers nie. Hulle genialiteit lê elders. Dalk het dit ’n rol gespeel in Quinny se besluit om tjoepstil te bly nadat hy die sportwêreld, en die wêreld van rassekonflik, se weergawe van ’n kosmiese storm ontketen het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.