TOE die nuus van FW de Klerk se dood breek, was ek toevallig besig om aan ’n klas mediasie-studente ’n YouTube-snit oor diskriminasie, vooroordeel, rassisme en sosiale konteks te wys. My gesprek met hulle daarna het my laat terugdink aan my eie pad as jong Afrikaner wat sonder matriek by die destydse polisiemag aangesluit en as bevoordeelde burger deel van die apartheidsmasjien geword het.
Ek kan nie anders as om te aanvaar dat my eie paadjie my die boosheid van apartheid laat besef het nie. As 21-jarige polisiesersant moes ek in die moeilike tye van apartheid wet en orde in die swart woongebiede van die Vaaldriehoek handhaaf. Daar het ek persoonlik apartheid as ’n misdaad teen die mensdom beleef.
Soos baie van my kollegas het ek op ’n myndorp grootgeword waar Selina se blikbord en beker onder die opwasbak gebêre is, en ons het nie gedink dat ons rassiste is nie. Maar toe die majoor op daardie dag vir die begrafnisgangers in die smal straatjie van Boipatong oor sy megafoon aankondig dat hy hulle net twee minute gee om uitmekaar te wees voordat ons begin skiet, het daar iets binne my losgebreek. Iets wat gaan regop staan het. Iets wat luidkeels teen die strukturele stelsel van onderdrukking gerebelleer het. Iets wat ten hemele geroep het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.