Die integriteit van onderwys in ’n pandemie

EERLIKHEID

Die integriteit van onderwys in ’n pandemie

Universiteite moet ’n daadwerklike poging aanwend om ’n eerlike aanlyn akademiese omgewing te verseker. Dit is die enigste manier om die integriteit van die gesogte graadsertifikaat te verseker, skryf CELESTE CAMPHER.

DIE tweede akademiese jaar sedert die Covid-19-pandemie op Suid-Afrika toegeslaan het, staan vinnig einde se kant toe en die afgelope 20 maande het druk op ons reeds kwesbare en swak basiese-onderwyssektor geplaas.

Dis g’n geheim dat die vlak van Suid-Afrika se onderwysgehalte laag vergeleke met internasionale standaarde bly nie. Al dui sommige verslae op ’n vinnige verbetering in sekere toetsprogramme, geskied dié verbetering natuurlik steeds van ’n baie lae basis af. Skoolsluitings weens die pandemie het maande van leer verlore laat gaan en die vermoë van skole om in te haal sal eers oor ’n paar jaar van nou af in leerlinge se akademiese prestasie weerspieël word.

Die prentjie in die hoëronderwyssektor is ook nie ideaal nie, met die meeste instellings wat steeds aanlyn onderwys- en leermetodes in die meeste van hulle akademiese programme toepas...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.