Gayton en Van Hunks rook aaptwak op Duiwelspiek op soek na...

POLITIEKE MAAGWERKINGE

Gayton en Van Hunks rook aaptwak op Duiwelspiek op soek na die prys van ’n siel

PIET CROUCAMP skryf oor die prys van koalisiepolitiek en Eugène Terre’Blanche wat die teater postuum betree.

VOLGENS ’n ou Kaapse legende was Jan van Hunks ’n afgetrede Nederlandse seerower wat iewers in die 1800’s, vir geen goeie rede nie, met sy pyp en ’n paar kaste Red Heart-rum teen die hellings van ou Tafelberg en Duiwelspiek gesit het toe ’n vreemdeling deur ’n tierende sedoos nader gewaai word. Die aanvanklike behoefte van die vreemdeling was ’n pruimpie of stopsel tabak. 

Ná wedersydse mymeringe oor die wel en wee van ’n lewe aan die Kaap en die gedraal van die poskoets het Van Hunks en die vreemdeling, dié met sy hoofdeksel styf oor sy ore getrek, teruggekeer na belangriker sake. Die skugter karakter met die skemer teenwoordigheid kon nie uitgepraat raak oor Jan se keurige twakmengsel nie. Jan was mateloos gevlei en het vreemd aangetrokke gevoel tot die ongepoleerde beeldspraak van die vreemdeling.

Die oomblik, of dalk die aaptwak en die rum, oorweldig die vreemdeling en hy stort ineen, waarop Van Hunks dit goeddink om hom weer by te bring met nog ’n teug of twee van die VOC se beste ingevoerde rum. Die vreemdeling blyk die duiwel te wees. Van iewers uit die hel word beide swernote deur ’n bliksemstraal tot ’n rookpluim verhef, wat ou Tafelberg vandag steeds op onweersdae versier...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.