EK is onlangs teruggesleep na ’n bespreking van ’n stelling wat ek ’n tyd gelede gemaak het: dat godsdiens nie in skole hoort nie nie.
Ek glo godsdiensonderrig hoort ten beste in godsdiensklasse waar op godsdiens gefokus word. Omdat dit op “kreasionisme" gegrond is, is dit ’n ongemaklike onderwerp in die wetenskapomgewing. Soos die evolusie-bioloog en -paleontoloog Stephen Jay Gould (http://www.blc.arizona.edu/courses/schaffer/449/Gould%20Nonoverlapping%20Magisteria.htm) twee of drie dekades gelede benadruk het, is dit nie-oorvleuelende magisteriums of leergesagte wat nie in konflik met mekaar hoef te wees nie. Gould het dit só verduidelik: “Geen sodanige konflik behoort te bestaan nie, want elke onderwerp het ’n regmatige magisterium of domein van leergesag wat nie oorvleuel nie.” In hierdie opsig is hulle nie-oorvleuelende magisteriums.
Gould se standpunt is nie vreeslik radikaal nie – hy het gemeen die wetenskap is gemoeid met die wêreld soos waargeneem deur die sintuie, terwyl godsdiens meestal gemoeid is met kwessies van morele betekenis en etiese waarde...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Wanneer die daad van skryf oorneem