NÁ byna vier jaar se nasionale gewroeg gaan die voorgestelde wysiging om die onteiening van grond in Suid-Afrika te bespoedig – en seker ook die hele idee van grondhervorming – in die wetgewer dien. Die ANC het ’n tweederdemeerderheid nodig om die wysiging op die wetboeke te kry. Soos die Engelsman sou sê, daar is nie ’n snowball’s hope in hell nie.
Indien die EFF voortgaan met hul wederstrewige gedrag met die nadraai van die plaaslike verkiesings en alles opponeer wat die ANC betref, is daar geen kans dat die Grondwet gewysig gaan word nie. Wel, waarskynlik nie nou nie, maar dit vertel ons niks van die toekoms nie. Desember 2021 lyk dalk soos die einde van die pad vir die gronddebat, maar, is ek bevrees, die blik is straataf geskop en aanstaande jaar se ANC-leierskapsverkiesing gaan hierdie oeroue morele vraagstuk soos Lasarus van ouds weer uit die dood opwek.
Net weer ’n terugblik op die proses: Met die ANC se leierskapskonferensie by Nasrec in 2017 is (as ’n kompromis tussen die twee dominante faksies) besluit dat onteiening sonder vergoeding beleid behoort te wees in ’n poging om die grondvraagstuk te hanteer. Die resolusie wat as deel van die politieke kompromis aanvaar is, het nié verwys na ’n wysiging aan die Grondwet nie. Dit was net ’n beleidsbesluit...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Gayton en Van Hunks rook aaptwak op Duiwelspiek