DIT was niks minder nie as 'n oomblik van Hegeliaanse helderheid wat my laat besef het dat 'n terloopse opmerking vroeg in die jaar deur my kollega dr. Coenie Lingus dalk ontgin kon word vir die skynbare Dialektik wat daarin opgesluit was.
Ek huiwer om dr. Lingus verbatim aan te haal buite die konteks van robuuste akademiese debat, maar sy uitlating kom daarop neer dat my vriend Carl se volgehoue en entoesiastiese orale verkenning van 'n spesifieke dwarsgestreepte kringspier van ons vorige staatshoof onafwendbaar gelei het tot sy uitermate suksesvolle opgang in die gastro-intestinale kanaal van die man wat tot enkele jare gelede ietwat ironies as Number One bekend gestaan het.
Hoewel ek dr. Lingus dadelik oor die vingers getik het oor die onakademiese terminologie waarmee hy sy insigte verwoord het, kon selfs ek as een van Carl se beste vriende nie anders nie as om te besef dat hy dalk 'n fondamentele waarheid beet het wat met 'n bietjie moeite selfs tot 'n volwaardige holistiese model ontwikkel sou kon word. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.