THULI MADONSELA: Een belangrike vraag in my wannabe...

ONWILLIGE HELD SE BEVINDINGS

THULI MADONSELA: Een belangrike vraag in my wannabe Zen-gemoed: Wie het vir wie gekaap?

Die oorhandiging deur regter Raymond Zondo van die eerste deel van die staatskapingsverslag het herinneringe van teistering, aandagafleidingstrategieë en Bell Pottinger teruggebring, skryf THULI MADONSELA.

  • 12 Januarie 2022
  • Vrye Denker
  • 6 min om te lees
  • artikel 2 van 8
  • Thuli Madonsela

HY het die kamer geensins met die groot gebaar van ’n kruisvaarder of ’n superheld binnegekom nie. Inteendeel, toe waarnemende hoofregter Raymond Zondo die vertrek binnegekom het om die eerste in ’n trilogie van staatskapingsverslae bekend te stel, het sy liggaamstaal eerder ongemak verklap.

Maar dalk het ek sy liggaamstaal oorontleed. Dit kan wees dat ek my eie ongemak in situasies toe ek as openbare beskermer die gevolgtrekkings van ’n hoëprofiel-ondersoek bekend moes maak, op hom geprojekteer het. Ek het geen behae daaruit geput nie om te bevestig dat mense, talle van wie ek in die verlede geken en met wie ek ’n hartlike verhouding gehad het, hulleself baie sleg ten koste van die publiek gedra het.

Ek moet voorts erken dat my ander belang by die oorhandiging van die verslag daaruit gespruit het dat ék die openbare beskermer was wat gelas het dat ’n kommissie van ondersoek na staatskaping met ’n regter aan die hoof tot stand gebring moes word.  ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.