LINDIWE SISULU se presidensiële ambisies is volgens alle aanduidings doodgebore. As daar nog ander kandidate in die ANC is wat ’n strategie probeer bedink om Matamela Cyril Ramaphosa in Desember 2022 die stryd aan te sê, is die Sisulu-fiasko ’n duidelike les hoe om dit nié te doen nie.
Naas die Grondwet,is die regbank die één instelling wat Suid-Afrikaners in meningspeilings as betroubaar aandui. Die regbank is getransformeer, verteenwoordig die demografie van Suid-Afrika in groot mate en funksioneer grootliks onafhanklik van politieke inmenging.
Die DA sal wel beweer daardie aanname neem nie onlangse bewyse van kaderontplooiing op die regbank in ag nie. Maar dit was ook die stormram van Luthuli-huis, Gwede Mantashe, wat eendag met ’n suur smaak op sy palet gesê het: Ons stel die regte regters aan, maar wanneer hulle op die bank sit, strook hulle uitsprake nie met die ANC se wel en wee nie. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.