Liegbek, liegbek! Hang ’n klokkie om jou nek!

PROFESSIONEEL IN 'N AMATEUR-ARENA

Liegbek, liegbek! Hang ’n klokkie om jou nek!

Wie is die wêreld se grootste leuenaar, het DEON GOUWS gewonder voor hy dit gaan google het. Pinocchio, Trump, Djokovic, Boris Johnson? En hoe gebeur dit dat mense met leuens wegkom? Dis waarskynlik afgesaag om te sê die grootste bedrieërs in die wêreld kry dit reg omdat hulle so absoluut geloofbaar is.

HET jy al ooit gehoor van Abrie Krueger? Ek ook nie, tot een dag laasweek toe ek besluit het om “world’s biggest liar" te google.

Ek het gewonder wat die soektog gaan oplewer. Sou dit iets oor Pinocchio en sy groeiende neus wees? Oudpres. Donald Trump en 'n gesteelde verkiesing? Suid-Afrikaanse politici wat voor die Zondo-kommissie verskyn?

Nie een van hulle het opgekom nie. Ek is gelei na die Wikipedia-blad van 'n jaarlikse gebeurtenis in Cumbria in Engeland waar deelnemers van oor die hele wêreld elk vyf minute kry om die grootste en mees oortuigende leuen te vertel. In 2003 het Krueger, wat in Suid-Afrika gebore is, gewen met 'n storie oor hoe hy as die koning van die nabygeleë Wasdale-vallei gekroon is. Hy was die eerste buitelander wat die kompetisie gewen het. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.